Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Dawie Maree se foto “Come Join Me” is aangewys as wenner in die wildlewekategorie (slegs voëls) tydens die Bosveldfotografieklub se April-byeenkoms. Die foto’s is beoordeel deur David Wolstencroft van die Edenvale-kameraklub. Maree het ook ’n merietesertifikaat ontvang. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Alma Hoon se foto “Ek word ook mos dors” het ’n meriete toekenning in die driester-afdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Mei-vergadering. Om by die klub aan te sluit, bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Gerda de Bruto se treffende foto “Ons wag” is tydens die Warmbad-fotografieklub se April-vergadering met ’n merietetoekenning in die senior-afdeling bekroon. Die klub vergader maandeliks in die AP Kerk op die hoek van Huilbos- en Katjiepieringlaan in Bela-Bela.

 

Hennie Ludik se foto “Spanbou” het ’n meriete toekenning in die senior-afdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Mei-vergadering behaal. Ywerige fotograwe is welkom om by die klub aan te sluit. Hulle vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepieringstraat en Huilboslaan in Bela-Bela.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button