CrimeNews

Jongeling in sop oor ‘gaspistool’

Die vuurwapen lyk op die oog af soos ’n 9 mm-pistool, maar dit was toe glo al die tyd ’n windbukshandwapen wat met gasprojektiele skiet.

’n Jong man (21) van die Bela-Bela-township het in die moeilikheid beland nadat die polisie hom op Sondag 19 Mei in hegtenis geneem het weens die onregmatige besit van ’n vuurwapen.

Vir mense wat nie vertroud is met vuurwapens nie, lyk die vuurwapen op die oog af soos ’n 9 mm-pistool, maar dit was toe glo al die tyd ’n windbukshandwapen wat met gasprojektiele skiet.

Lt. kol. Abel Phetla, waarnemende speurtakhoof van die Bela-Bela-polisie, het aan Die Pos gesê enigeen wat sulke wapens gebruik om ’n misdaad te pleeg, kan in terme van die vuurwapenbeheerwet weens die onregmatige besit daarvan aangekla word.

Vuurwapenkopers het nie ’n vuurwapenlisensie nodig vir die aankoop van windbukshandwapens nie, al lyk dit presies soos ’n regte vuurwapens, het Phetla gesê.

Volgens die polisie het dit aan die lig gekom dat die jong man met ’n diefstalvoorval in die buurt verbind word waar daar na bewering items uit ’n voertuig gesteel is.

Die verdagte moet nog in die hof op die aanklagte verskyn.

Hy is steeds in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button