CrimeNews

Skok ná bekende kerklid se skietdood

’n On­be­ken­de man met ’n klap­mus oor sy kop het glo vanuit die niet op die groep af­ge­storm en op hul­le los­ge­brand.

Die Be­la-Be­la po­li­sie ver­moed dat die moord op ’n in­wo­ner van die Bela-Bela-township op Don­der­dag 16 Mei verband hou met die aan­hou­den­de struwelinge tus­sen le­de van die plaas­li­ke International Pentecostal Holiness Church (IPHC).

Dit is volgens die polisie die twee­de voor­val waarby le­de van dié kerk betrokke is.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het aan Die Pos ge­sê Lepu Abel Matlanga (43) is koel­bloedig doodgeskiet.

Matlanga het glo op die dag van sy dood saam met drie an­der mans voor sy spa­za­win­kel in Uit­brei­ding 8 in die town­ship ge­sit en gesels.

’n On­be­ken­de man met ’n klap­mus oor sy kop het glo vanuit die niet op die groep af­ge­storm en op hul­le los­ge­brand. Mat­lan­ga is raak­ge­skiet waarna die skieter op die vlug geslaan het.

“Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk,” het Ma­pon­ya ge­sê.

’n Saak van moord word on­dersoek.

  • Die Pos het in Maart be­rig oor ’n skiet­voor­val in die Ra­dium-omgewing waar­ty­dens ’n persoon ge­wond is.Die po­li­sie het des­tyds ge­sê die voor­val hou verband met ’n geskil onder lede van die IPHC oor die eie­naar­skap van die grond waarop die kerk gevestig is

    Niemand is nog in verband met enige van die twee voorvalle in ­heg­te­nis geneem nie, het Ma­pon­ya ge­sê.

    E­nig­ie­mand met in­lig­ting oor die voor­val in Uit­brei­ding 8 kan vir AO An­dré van de Ven­ter bel by tel. 014 736 9713 of by tel. 083 604 1673.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button