NewsSchools

Deelnemers skud vere reg vir kunstefees

Kultuurliefhebbers kan solank die vere begin regskud vir vanjaar se ATKV Wa­ter­berg-kuns­te­fees in Be­la-Be­la.

Die fees, wat van 12-21 Au­gus­tus in Be­la-Be­la plaas­vind, is vanjaar oop vir deel­nemers van alle ouder­domme.

Die ka­te­go­rieë waarin deelnemers kan inskryf, is dra­ma, mu­siek, sang, koor, re­vue, kuns, skryf­kuns en fo­to­gra­fie. Daar is verskillende sluitingsdatums vir die onderskeie kategorieë.

Vir dra­ma, mu­siek, sang, koor en re­vue is die slui­tings­da­tum op Vry­dag 7 Ju­nie. Inskrywings vir kuns en skryf­kuns sluit op Vry­dag 2 Au­gus­tus en die sluitingsdatum vir fo­to­gra­fie is op Don­der­dag 8 Au­gus­tus.

Deel­ne­mers moet se­ker maak dat hul na­me en vanne kor­rek op die vorms ge­spel is, want dit sal na afloop van die fees ook só op die ser­ti­fi­ka­te gedruk word.

Die vol­gen­de ATKV-koör­di­neer­ders kan vir na­vrae en in­skry­wings ge­kon­tak word:

Ma­rius Brood­ryk (takvoor­sit­ter) by tel. 082 920 4999, of stuur ’n e-pos na marius.j.broodryk@gmail.com(,) The­re­sa Jon­ker (kuns­te­fees­koör­di­neer­der en skryfkuns by tel. 061 477 7268 of stuur e-pos na wilhelmjonker984@gmail.com(,) A­man­da van Vuu­ren (dra­ma-af­de­ling) by tel. 082 569 4874 of stuur e-pos na amandav@belanet.co.za(,) Han­na­lie Kriek (mu­siek) by tel. 083 719 9949 of stuur e-pos na hannaliekriek@gmail.com(,) Mi­chelle Vos (koor) by tel. 079 951 2530 of stuur e-pos na kindledkeys@gmail.com(,) Mar­ga Roos (re­vue en sang) by tel. 082 563 4639 of stuur e-pos na margaroos@lantic.net(,) Hen­nie Lu­dik (fo­to­gra­fie) by tel. 082 455 0215 of stuur e-pos na fotografieWAK@gmail.com en Mia du Bruyn (kuns) by tel. 082 489 8586 of stuur e-pos na mia@mosmail.co.za(.)

Related Articles

Back to top button