Local sportSport

Kokanje-inwoners blink uit by meestersatletiek

Twee at­le­te van die Ko­kan­je-af­tree­oord buite Modimolle het goue en sil­wer ­me­dal­jes in­ge­ryg ty­dens die on­langse Suid-Afri­kaan­se-mees­ters­at­le­tiek­kam­pioen­skap (SAMA) wat in Oudts­hoorn ge­­hou is.

Bab­sie Gro­bler (75) en Anet­te van Dyk (64) het die vrug­te van baie maan­de se har­de oefe­ning ge­pluk. Die twee at­le­te sê die by­een­koms, waar­aan at­le­te van reg­oor die land op 3 en 4 Mei deel­ge­neem het, was vir hul­le ’n groot er­va­ring.

Van Dyk het in die ouder­doms­ka­te­go­rie 60 tot 64 jaar ’n goue medalje in spies­gooi en sil­wer me­dal­jes in ge­wig­­gooi, ge­wig­stoot, ha­mer­gooi en werp­skyf ver­werf.

Gro­bler het in die ouder­doms­ka­te­go­rie vir 75 tot 79 jaar goue me­dal­jes vir spies­gooi en ge­wig­­gooi ver­werf en sil­wer me­dal­jes vir werp­skyf en ge­wig­stoot. Haar af­stand van 9,1 m in die ge­wig­­gooi was op die SAMA-in­ter­na­sio­na­le stan­daard. In­dien sy weer verder as 8,5 m gooi, kwa­li­fi­seer sy om in die Spring­bok­span op­ge­neem te word.

“Ek kan nie be­skryf hoe won­der­lik dit was nie. Om op hier­die ouder­dom nog te kan deel­neem is genade,” het die 75-ja­ri­ge Gro­bler aan Die Pos ge­sê. “Anet­te, wat al baie jare lank aan mees­ters­at­le­tiek deel­neem, het my af­ge­rig en ge­mo­ti­veer. Dirk van der Mer­we het ook my vaar­dig­he­de help slyp. Ek is baie dank­baar teenoor hulle,” het sy ge­sê.

Albei vroue is hul le­we lank nog baie ak­tief. Gro­bler het vroeër deel­ge­neem aan die wêreld­kam­pioen­skap vir lyn­dans in Ame­ri­ka. Sy het ook aan naelloop in die mees­ters­at­le­tiekafdeling deel­ge­neem. Van Dyk se groot ta­lent lê op die lang­pad — sy het al 14 keer aan die Com­ra­des-ma­ra­thon deel­ge­neem en ses keer aan die Ar­gus-fiets­ren. Sy is ook lief vir swem en het uit­da­gings soos die Mid­mar­myl en Potch­myl et­li­ke ke­re aan­ge­durf.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button