Local newsNews

Só het kiesers gestem

Die ANC, DA en EFF was weer vanjaar tydens die verkiesing boaan die gewildheidheidslys.

Die ANC se steun het op nasionale vlak sedert 2014 van 62,15% na 57,5% gedaal. Die DA het van 22,23% na 20,77% gedaal en die EFF het gegroei van 6,35% na 10,78%.

Die finale syfers is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bekend gemaak.

Altesame 26 779 025 Suid-Afrikaners was vir die verkiesing geregistreer, maar slegs 17 671 616 kruisies is by die onderskeie stempunte getrek. Volgens die OVK het slegs 65,99% van die geregistreerde kiesers hul stem uitgebring.

In Limpopo het die ANC se steun van 78,6% na 75,49% gedaal en die DA van 6,48% na 5,4% gesak. Die EFF het egter van 10,74% na 14,43% gestyg.

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het opslae gemaak toe hul hul steun op nasionale vlak van 0,9% na 2,38% opgestoot het. In Limpopo het steun vir dié party van 0,69% na 1,42% gestyg.

In Die Pos se lesersgebied het 50 880 kiesers in die Modimolle/Mookgophong/Vaalwater-gebied vir die verkiesing geregistreer. In Bela-Bela het die registrasies op 30 745 kiesers gestaan.

In die Modimolle/Mookgophong/Vaalwater-gebied het daar egter slegs 33 455 op nasionale vlak gestem en 32 350 op provinsiale vlak. In Bela-Bela is 19 928 kruisies vir die nasionale stem en 18 873 kruisies vir die provinsiale stem getrek.

Die ANC het in die Modimolle/Mookgophong/Vaalwater-gebied 58,53% nasionale stemme getrek en 56,97% op provinsiale vlak.

Die DA het 17,74% (nasionaal) en 18,24% (provinsiaal) gekry en die EFF 11,04% (nasionaal) en 12,33% (provinsiaal). Die VF Plus het 9,96% (nasionaal) en 10,02% (provinsiaal) in dié gemeenskap ingepalm.

In Bela-Bela het die ANC 63,44% steun op nasionale vlak ontvang en 61,82% op provinsiale vlak.

Die DA het 15,77% (nasionaal) en 16,35% (provinsiaal) ontvang met die EFF 9,36% (nasionaal) en 11,32% (provinsiaal). Die VF Plus het 7,56% (nasionaal) en 6,71% (provinsiaal) ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button