CrimeNews

Polisie bekommerd oor dwelms in platteland

Die ver­sprei­ding van dwelms in die Be­la-Be­la-om­ge­wing is sorgwekkend aan die toeneem, sê die polisie.

Le­de van die polisie se mis­daad­voor­ko­mings­een­heid het op Dins­dag 7 Mei drie verdagtes wat glo by dwelm­han­del be­trok­ke is, in Uit­brei­ding 6 in die Be­la-Be­la-town­ship in hegtenis geneem.

Volgens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, is die drie be­trap met altesame 371 g dag­ga wat in klein sak­kies ver­pak was, asook met ses sak­kies vol nyaope. ’n On­be­ken­de be­drag kon­tant is ook in hul­ be­sit gevind, het Ma­pon­ya ge­sê.

Die drie is aan­vank­lik van die be­sit en ver­sprei­ding van dwelms aan­ge­kla. Twee van hul­le het eg­ter ’n skuld­er­ken­ning van R200 elk be­taal en is vry­ge­laat.

Een van die ver­dag­tes, Tu­melo Mat­sieng (27), het op Don­der­dag 9 Mei alleen in die Be­la-Be­la-land­dros­hof op dié aan­klag­te ver­skyn.

Die saak is uit­ge­stel na Woens­dag 15 Mei wan­neer hy ’n borg­tog­aan­soek sal bring.

Lt. kol. A­bel Phet­la, waar­ne­men­de sta­sie­be­vel­voer­der van die Be­la-Be­la-po­li­sie, het vroeër aan Die Pos ge­sê die grond­wet­hof het die par­le­ment 24 maan­de tyd gegun om die grond­wet te wy­sig rakende die ge­bruik van dag­ga in pri­vaat gebruik.

Phet­la het ge­sê totdat die par­le­men­tê­re ko­mi­tee duide­lik­heid hieroor gee, be­staan daar geen wetlike voor­skrifte oor hoe­veel dagga ’n dag­ga­ge­brui­ker mag ge­bruik of by hul woning mag plant nie.

“Men­se kan steeds weens die be­sit of ver­sprei­ding van dagga aan­ge­kla word indien die vermoede bestaan dat die persoon betrokke is by die verspreiding of verkoop van dwelms,” het hy ge­sê.

Related Articles

Back to top button