LettersOpinion

Op koers en reg vir vorentoe

Die land sal wel weer hoop kan herwin en kop optel deur die uit­spel van dui­delike beleids­oog­merke wat nie langer deur dubbel­pratery ver­war word nie.

Chris Wagner, Bela-Bela, skryf:

’n Mens gun niemand, nie eens ’n oppo­sisie politieke party, die on­beskryf­like uitda­gings om hierdie mooie land met soveel poten­siaal weer op koers te kry na waar hy hoort nie.

Die eko­nomie, beleggers­ver­troue en infra­struk­tuur is bykans vernie­tig deur wan­begrip, on­begrip en kort­sigtige en eeno­gige eie­belang.

Vir enige party om alles vir almal te probeer wees, het nog nooit ons diverse land ten goede gestrek nie.

Van groot opgee oor “Niks gaan verander nie” asook “Ready to govern” het alles dadels gekom.

Vars en soms teen­strydige insig en ver­wag­tinge moet saamgeslyp word tot ’n een­drag­tige bena­dering tot die prak­tiese werk­lik­hede.

Die land sal wel weer hoop kan herwin en kop optel deur die uit­spel van dui­delike beleids­oog­merke wat nie langer deur dubbel­pratery ver­war word nie.

Ek is dank­baar dat so baie, wat gelate, weleer skui­ling gaan soek het agter die valse seku­riteit van getalle, hul gedagtes en harte geor­den het tot ’n geson­de iden­titeits­besef.

Kom ons bou liewer saam deur elkeen alles binne sy beson­dere ver­moëns voluit in te ­ploeg sodat die rug­ryers en kapers, hoe langer hoe meer, aan die kaak gestel sal word.

Related Articles

Back to top button