LettersOpinion

Die kiesers se boodskap uit ’n leke oog

Hoe­wel aan­vaar word dat ’n ver­ge­ly­king tus­sen mu­ni­si­pa­le en na­sio­na­le ver­kie­sings nie son­der meer op die­self­de grondslag be­oor­deel kan word nie, is dit tog my le­ke mening dat ’n mens se­ke­re ge­volg­trek­kings uit ’n ver­ge­ly­king kan maak.

Gerhardt Breytenbach, Modimolle, skryf:

Die uit­slae van die 2019 na­sio­na­le ver­kie­sing in die Modi­mol­le-Mook­go­phong-kies­af­de­ling het ’n heel in­te­ressan­te wen­ding se­dert 2016 ge­neem.

Hoe­wel aan­vaar word dat ’n ver­ge­ly­king tus­sen mu­ni­si­pa­le en na­sio­na­le ver­kie­sings nie son­der meer op die­self­de grondslag be­oor­deel kan word nie, is dit tog my le­ke mening dat ’n mens se­ke­re ge­volg­trek­kings uit ’n ver­ge­ly­king kan maak. Volgens die sta­ti­stie­ke wat ek kon vind, blyk die ver­ge­ly­king soos volg:

Die ANC het in die 2016 mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing 47,41% stem­me gekry en in 2019 het hulle 58,60% gekry — ’n toe­na­me van 11,19%. Die DA het in 2016 altesame 24,76% stem­me ge­kry en in 2019 het hulle 17,76% gekry — ’n af­na­me van 7%. Die EFF het in 2016 altesame 19,37% van die stem­me ver­werf en in 2019 het hulle 11,06% gekry — ’n af­na­me van 8,31%. Die VF Plus het in 2016 altesame 5,92% stem­me ver­werf en in 2019 het hulle 9,97% gekry — ’n toe­na­me van 4,05%.

In­dien hier­die uit­slae met die pro­vin­sia­le uit­slae tus­sen 2016 en 2019 ver­ge­lyk word, is dit op­merk­lik dat die ANC pro­vin­siaal en na­sio­naal iet­wat steun ver­loor het ter­wyl die EFF se steun op­merklik toe­ge­neem het. Plaas­lik het die EFF egter steun ver­loor ter­wyl die ANC se steun weer op­merk­lik toe­ge­neem het, in teenstelling met die pro­vin­sia­le en na­sio­na­le ten­dens. Nog ’n in­te­res­san­te feit is dat die uit­slae vir die Tha­ba­zim­bi-dis­trik ook die­self­de ten­dens as die Mo­di­mol­le-Mook­go­phong-dis­trik toon.

Die af­na­me in die DA se steun en die toe­na­me in die VF Plus se steun was na­sio­naal op­merk­lik en het me­ni­ge ken­ner en kom­men­ta­tor ver­baas. In die media is die al­ge­me­ne ge­volg­trek­king dat die na­sio­na­le leier­korps van die DA ver­skeie fla­ters be­gaan het wat die tra­di­sio­neel blan­ke Afri­kaan­se kie­ser van die DA ver­vreem het. Voor­beel­de hier­van is die po­pu­lis­tie­se uit­spra­ke van die DA-leiers in die Ash­wil Wil­lem­se- en Schwei­zer-Re­ne­ke-ge­val­le, as­ook die on­be­hol­pe han­te­ring van die De Lille- en Zil­le-kwes­sies. Hier­die ge­val­le het in­der­daad kom­mer by die DA ge­skep, waar­na die DA ’n ag­gre­ssie­we veld­tog teen die VF Plus ge­loods het in ’n po­ging om oor­loop­stem­me na die VF Plus te ver­hoed.

Die VF Plus hou geen be­drei­ging vir die land se de­mo­kra­sie in nie ter­wyl die vlaag van kor­rup­sie, dief­stal, swak diens­le­we­ring en die in­een­stor­ting van staats­in­stel­lings wel so ’n be­drei­ging in­hou. Die ge­volg was dat die veld­tog teen die VF Plus as ’n ver­de­re aan­val op die Afri­ka­ner se iden­ti­teit be­skou is wat me­ni­ge kie­sers wat getwyfel het, bloot net oor­tuig het om wel hul steun ag­ter die VF Plus te gooi. Dit spreek van­self dat hier­die veld­tog van die DA klaag­lik mis­luk het en wie ook ­al op hier­die stra­te­gie be­sluit het, was bloot on­no­sel. Hierdie flater gaan nog lank by die DA spook.

Die ver­lies aan stem­me vir die EFF daar­en­teen is dalk na my me­ning ’n be­dek­te seën. Ek skryf dit toe aan die feit dat kie­sers in Tha­ba­zim­bi en Mo­di­mol­le-Mook­go­phong vir die af­ge­lo­pe twee jaar ge­sien het dat die EFF heelte­mal faal in plaas­li­ke ra­de waar­in hul­le ’n ma­te van mag ge­had het. Hier­die mag is vir per­soon­li­ke en po­li­tie­ke ge­win uit­ge­buit en die EFF het ge­wys dat diens­le­we­ring en die be­hoef­tes van die ge­meen­skap geen prio­ri­teit vir die EFF is nie. Die oor­loop van stem­me uit die EFF te­rug na die ANC be­hoort daar­om eint­lik ver­wel­kom te word.

Die ver­skui­wing van die stem­de­mo­gra­fie in die Mo­di­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit sal beslis ’n in­vloed op die toe­kom­sti­ge be­stuur van die mu­ni­si­pa­li­teit in­hou en ’n moont­li­ke tus­sen­ver­kiesing in die af­sien­ba­re toe­koms kan nie uit­ge­sluit word nie.

Related Articles

Back to top button