LettersOpinion

Hande vat en harde werk lê voor

Suid-Afrika is ’n wonder­like land met baie geleent­hede. Word saam met ons deel van ’n wen­span wat saam ’n beter toekoms wil bou.

Dr. Pieter Groene­wald, Vry­heids­front Plus (VF Plus), skryf:

Elkeen wat in die afge­lope alge­mene ver­kiesing vir die VF Plus gestem het, het rede om met reg trots te voel op hul besluit.

Die merk­waar­dige groei van die VF Plus dien as bewys dat dit die regte keuse was.

Die party en sy leier­skap wil opreg dankie sê aan al die kiesers wat gehelp het om die VF Plus nou ont­een­seglik een van die Groot Vyf po­litieke partye in Suid-Afrika te maak met uitge­breide verteen­woor­diging op nasio­nale en pro­vin­siale vlak.

Kiesers het met meer as 400 000 land­genote die VF Plus se hand gevat en hul ver­bind tot ʼn party wat sê dat die agter­uit­gang in die land nie langer kan voort­gaan nie.

Hulle het hul verbind tot die VF Plus se sie­ning dat daar terug­geslaan moet word teen die beleid en ver­grype van ʼn regering wat die land tot op die rand­jie van eko­nomiese ineen­stor­ting gelei het en onder wie mense­ver­hou­dings ’n sorg­wek­kende laagte­punt bereik het.

Die bood­skap wat die VF Plus saam met sy onder­steu­ners met hier­die verkie­sings­uitslag uitge­stuur het, is hard en duide­lik: Die mense van Suid-Afrika het genoeg gehad.

Kiesers se stemme en steun kan nie meer as van­self­sprekend aan­vaar word nie en na dese kan die rege­ring en ander oppo­sisie­partye die VF Plus nie langer ignoreer of as irrele­vant afmaak nie.

Sukses bring natuur­lik groter verant­woorde­likhede. Die VF Plus besef dit en verbind hom daartoe om sy onder­steuners, en al die mense van Suid-Afrika in groter lands­belang met toege­wyd­heid en harde werk te beloon.

Die VF Plus is daar­toe verbind om hom op ’n prak­tiese, uitvoer­bare wyse te beywer vir self­beskik­king en die besker­ming van minder­hede en om te help bou aan ’n Suid-Afrika waarin al sy in­woners geborge en veilig kan voel met gelyke regte en geleent­hede vir almal.

Die finale uitslag van 2019-ver­kiesing is die begin van hierdie pad. Die VF Plus nooi alle Suid-Afri­kaners wat sy siening en waardes deel om saam met hom op hierdie pad van herstel en versoe­ning te stap.

Suid-Afrika is ’n wonder­like land met baie geleent­hede. Word saam met ons deel van ’n wen­span wat saam ’n beter toekoms wil bou.

Die VF Plus se aantal parle­ments­lede het meer as ver­dubbel tot tien. Die party het 11 wetge­wers­lede vanuit elke provinsie buiten KwaZulu-Natal en sal ook twee verteen­woor­digers in die Nasionale Raad van Pro­vinsies hê.

Die party het met die vorige ver­kiesing in 2014 slegs in vyf stem­dis­trikte die meerder­heid stem­me op hom verenig. In hierdie ver­kiesing het die party meer as 114 stem­distrikte land­wyd gewen.

Related Articles

Back to top button