BlogsOpinion

Kyk uit vir (groen) stories in kombuis se vensterbank

Skoon­ma glo ge­steel­de steg­gies groei een­vou­dig be­ter. Mits jy mooi werk en net af­knip wat jy no­dig het.

Ek lees nou die dag ’n mooie stuk oor steg­gies en die tan­nies wat daar­ag­ter sit.

Ek glim­lag breed, want my tuin is vol na­me. Dit is nie ’n mooi of in­druk­wek­kende tuin nie, maar een vol sto­ries wat my hart bly maak.

In die en dáár­die pot staan twee tant An­se, hier rank ’n oom Hof­fie (sý was­plan­te me­ters hoog die bo­me in; my­ne ’n blom­lo­se klein buk­sie), die ek­sen­trie­ke Ka­roo-oom se vet­plan­te (streng vol­­gens sy in­­struk­­sies) ge­dy in die Bos­veld­weer. Die mis­han­del­de groot­blaar­plant wat voor die hof­ge­bou ge­red is, is im­mer­dank­baar en ge­dy. Ouma-en-haar-bu­re-in-die-af­tree­oord se vet­plant­by­draes raak goud in die herfs­son. ’n Buur­man se fyn pers Bot­swa­na-le­lies roep wanneer die reën kom.

In my voortuin staan die nage­slag van die plan­tjie wat mo­sa­di Lin­da se stok­ou ma ge­stuur het as dan­kie vir ‘n “aan­ge­pass­de” baad­jie blink­pers in die son. Die plan­tjie het sy wor­tels in die tuin by ’n staats­hos­pi­taal in ver­re Lim­po­po geskiet.

Die buur­vrou se wil­de­pa­tat rank wild en we­lig. Die kak­tus met haar pienk blom­kroon­tjie kom al van stu­den­te­dae af saam en dis ’n ge­na­de dat sy nie kan of wil uit­praat nie.

Skoon­ma glo ge­steel­de steg­gies groei een­vou­dig be­ter. Mits jy mooi werk en net af­knip wat jy no­dig het. (Kort dus­kant haar 80 jaar is haar kin­ders steeds skrik­ke­rig om haar op besoek aan bo­ta­nie­se tuine te neem. Kir­sten­bosch, het hul­le be­sluit, is haar nie be­sko­re nie.)

Dit is te dan­ke aan háár en­toe­sias­me en groot lief­de vir plan­te dat die tuin­gog­ga ge­byt het. (Hier­die stuk vra vir ’n kwink­slag oor skoon­ma-se-tong. Ek sal my weer­hou!)

Ná ’n Kaap­se kui­er pak sy ons voer­tuig hoog met groot stuk­ke tuis­­ge­­bak­te be­­skuit, ge­bot­tel­de gra­naat­pit­te en kwe­pers en steg­gies, sag­gies ver­pak in bier­bok­sies. Met lang in­struk­sies oor hoe om te maak. In­struk­sies wat ek voor my siel weet sy self nie sou volg nie.

As ’n mens groen vingers het, groei goed mos van­self.

Die son­des van die va­ders word be­soek aan hul kin­ders. My kom­buis­vens­ter­bank staan dig ge­pak met die seuns se gul­si­ge Ve­nus-vlieë­vanger, tien­tal­le ba­si­lie­kruid­steg­gies, soet­ris­sie­sa­de wat droog.

Op ’n pie­ring wag die on­be­ken­des om ge­plant te word — aan­ge­dra in broek­sak­ke, tas­se en swe­te­ri­ge hand­jies. ’n Vonds. ’n Avon­tuur.

As die don­ker­maan laat­nag be­kom­mer­nis­se aanblaas en my wil wys­maak dat my land on­her­stel­baar ver­groeid is met ne­tels en do­ring­bos­se, dan tel ek my seëninge. Van grond hê om met my han­de in te kan woel, sa­de om te plant en vrug­te om te pluk.

Op die der­de dag het die Skep­per tuin­hand­skoe­ne aan­ge­trek en plan­te ge­maak. Die do­rings en die ne­tels. Ook die kos­mos­se wat groei waar hul­le nie ge­plant is nie en die ge­har­de bit­ter­ein­der­vet­plan­te wat min wa­ter vra.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button