LettersOpinion

Inwoner vra hulp met opruim van dam

Dit is tans ’n broeiplek vir dwelmgebruikers en bottels en plastiek word oral gestrooi.

Von Maré, Modimolle, skryf:

Ek wil graag die probleem van plastiese besoedeling om die dorpsdam aanspreek.

Dit is tans ’n broeiplek vir dwelmgebruikers en bottels en plastiek word oral gestrooi.

Ek vra inwoners om my hiermee te help. Diegene wat hul motorhuise of huise opruim, kan oortollige items skenk wat ons sal verkoop om fondse te skep om die opruimingswerk te finansier. Ons sal werkloses gebruik om te help om die omgewing skoon te maak.

Ons benodig ook visgerei, ’n skepnet, mikroskoop en ’n vistenk om die vislewe in die dam te bepaal.

Kom ons maak mooi voordat dit te laat is.

Diegene wat wil help kan tel. 082 935 7901 skakel.

Related Articles

Back to top button