Local newsNews

Vrywilligers help om kerkhof op te knap

“Ek was verheug om te sien dat inwoners uit alle gemeenskappe gewillig was om hul vrye tyd en gereedskap op te offer om die begraafplaas reg te ruk.”

’n Groep inwoners, aangemoedig deur Aksie Opknap in Modimolle, het op Saterdag 27 April ingespring en die kerkhof opgeruim.

Sowat 50 inwoners — insluitend lede van Aksie Opknap, raadslede, Marlene van Staden (burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit), munisipale werkers en inwoners, het aan die opruiming deelgeneem. Daar is gras gesny, bome gesnoei, papiere opgetel en stukkende pilare herstel.

Dié inisiatief is deel van Aksie Opknap se poging om Modimolle op te ruim. Die ingange na die dorp is reeds opgeknap en reëlings is met ondernemings en behulpsame inwoners getref om sypaadjies en parkies se gras te help sny.

Talle inwoners het gekla oor die verwaarloosde toestand van die kerkhof. Hulle het gesê die lang gras veroorsaak dat hulle onveilig voel om hul geliefdes se grafte te besoek.

“Ek was verheug om te sien dat inwoners uit alle gemeenskappe gewillig was om hul vrye tyd en gereedskap op te offer om die begraafplaas reg te ruk. Dit is ’n plek waar die geliefdes van baie van die dorp se inwoners ter ruste gelê is. Dit moet ’n pragtige en vreedsame plek wees om te besoek,” het Van Staden gesê.

Vindingryke lede van Aksie Opknap het ook weer vir Zibi die volstruis laat herleef. Zibi het ’n generasie kinders geleer om skoon te maak met sy leuse “Zirts dit in die Zibi-blik”.

Volgens Van Staden wil sy hê die opruimingsdag moet in elk van die munisipaliteit se dorpe ’n jaarlikse instelling op die Saterdag die naaste aan Vryheidsdag word. “Deur die tradisie te vestig, wil ons wys dat elke inwoner ’n bydrae kan lewer om te verseker dat ons in ’n mooier en skoner omgewing woon,” het sy gesê.

Laerskool Nylstroom, Eenheid Primary School, Susan Strijdomskool en Hoërskool Nylstroom het ook aan die projek deelgeneem en die gebied om hul skole op Vrydag 26 April opgeruim.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button