Local newsNews

Oud-Hansie slaan hoofrol los

Johanee Adlam (18), oudleerder van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, is besig om naam te maak op die verhoog.

Johanee is gekies om die hoofrol van Melissa Reed in die musiekblyspel “Dreams” te vertolk wat Saterdag 18 Mei in die Roodepoort Stadsteater aangebied word. Daar is slegs 100 lede uit 3 150 deelnemers vir die produksie gekies.

Die opvoering gaan oor onderwysers en jongmense wat hard werk om hul drome te laat waar word.

Johanee het in Februarie aan die Talent Afrika-kompetisie in Polokwane deelgeneem en uitstekend gevaar.

Volgens haar ma, Renee Janse van Rensburg, het sy onderskeidelik 82% en 84% vir haar twee gedramatiseerde monoloë gekry. Sy is ook by hierdie kompetisie gekeur om aan die nasionale kompetisie in die Stadsteater in Roodepoort deel te neem. Die kompetisie het van 25-31 Maart plaasgevind.

Johanee het tydens die nasionale kompetisie drie gedramatiseerde monoloë gelewer waarvoor sy drie goue medaljes ontvang het. Sy het ook gekwalifiseer om as deel van die Suid-Afrikaanse span aan die Talent America-kompetisie in New York deel te neem. Dit vind van 22 Junie tot 1 Julie plaas. Die koste daarvoor beloop ongeveer R80 000 en daarom is sy nog nie seker of sy daaraan sal kan deelneem nie.

Johanee het vroeër vanjaar ’n kursus by veteraanaktrise Brumilda van Rensburg voltooi en ’n onderskeiding daarvoor behaal. Sy is daarna genooi om ’n meer gevorderde kursus by te woon.

Related Articles

Back to top button