BlogsOpinion

Hoofartikel: Wat gaan aan met die land se motorryers?

Dit is merkwaardig en baie besonders dat dié kerkgangers tydens die belangrikste Christelike fees saamtrek om hul geloof te beoefen. Ongelukkig word dié unieke geleentheid jaarliks oorskadu deur die slagting op Limpopo se paaie en vanjaar was geen uitsondering nie.

Suid-Afrika se paaie bly veral oor Paasnaweek, maar ook op ander tye, ’n slagveld.

Die provinsie met die besigste paaie oor Paasnaweek is natuurlik Limpopo waar miljoene lede van die Zion Christian Church (ZCC) jaarliks dié kerk se aanbiddingsplek in Moria net buite Polokwane besoek.

 

Dit is eintlik merkwaardig en baie besonders dat dié kerkgangers tydens die belangrikste Christelike fees saamtrek om hul geloof te beoefen. Ongelukkig word dié unieke geleentheid jaarliks oorskadu deur die slagting op Limpopo se paaie en vanjaar was geen uitsondering nie.

Die naweek het sommer op ’n vals noot afgeskop ná ’n ongeluk op Donderdagoggend 18 April op die N1-snelweg noord by die Kranskop-plaza tussen ’n taxi en trok. Die opruiming van die toneel het die verkeer vir meer as vier uur vertraag. Tien mense is in dié ongeluk dood.

Die statistieke vir die res van die naweek lyk ook nie rooskleurig nie. Volgens ’n verslag van die Road Traffic Management Corporation (RTMC) wat op Sondag 21 April bekend gemaak is, is daar landwyd 549 voertuigbestuurders in hegtenis geneem (312 was onder die invloed van alkohol) en meer as 65 000 verkeersboetes is uitgeskryf.

’n Mens kan natuurlik nie die oorsaak van die slagting op Suid-Afrikaanse paaie net voor een deur lê nie. Vragmotors op die land se paaie neem jaarliks toe, die grootste deel van Suid-Afrikaners maak steeds gebruik van taxi’s, die land se tolhekke is nie doeltreffend genoeg tydens druk verkeerstye nie, daar is korrupte verkeersbeamptes en plek-plek is die paaie in ’n bedenklike toestand.

Die feit dat 65 000 verkeersboetes egter tydens Paasnaweek alleen uitgeskryf is, beteken dat duisende bestuurders een of ander verkeersreël verontagsaam het. En dié bestuurders bestaan beslis nie nét uit taxi- en vragmotorbetuurders nie. Dit sluit ’n baie groot aantal bestuurders wat ’n eie voertuig besit, in. Dus bestuurders wat veronderstel is om verantwoordelikheid te neem vir die veiligheid van hul eie én dié van hul passasiers se lewens. Dit is egter duidelik nié die geval nie.

’n Mens kan alles en almal beskuldig vir die bloedbad op ons land se paaie. Maar voordat die getal boetes wat uitgeskryf word vir verkeersoortredings nie drasties afneem nie, woon die meeste motorbestuurders in ’n glashuis.

Related Articles

Back to top button