Local newsNews

Soete saligheid van sjokolade

Kinders is gek oor sjokolade en sien veral uit na Paasfees wanneer hulle kan kies en keur uit Paaseiers.

Dié soet bederf kry egter geestelike voedingswaarde wanneer kinders van Jesus Christus se dood en opstanding vertel word.

Die Pos het ’n paar gr.1-leerders van Academia Private School in Bela-Bela gevra wat Paasfees vir hulle beteken.

Teboho Matjila sê Paasfees laat hom dink aan al die Paaseiers op die rakke en die verskillende kleure waarin die winkelsjokolades toegedraai is, laat sy mond water.

 

Vir Casey Labuschagne gaan Paasfees eerstens oor die dood en opstanding van Jesus Christus. Maar sy is tog mal oor die kleure waarin die sjokoladehase en eiers toegedraai is, voeg sy gou by.

 

Thuto Mochusi glo dat Paasfees aan Jesus Christus opgedra moet word en dat dit danksy Jesus is dat mense gered word. Thuto is ook gek oor sjokolade oor Paastyd, maar sê hy is effens bang dat sy tande “vrot” sal word van al die suiker.

 

Zhea Maila sê hy het ’n vermoede dat die Paashaas verantwoordelik is vir al die sjokolade-eiers wat dié Paasnaweek oral te koop is.

Related Articles

Back to top button