GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die belowende Stefny-Ann Fourie van die Nylies het Hoërskool Wonderboom se verdediging behoorlik laat bont staan.

 

Leonette Vosloo van Hoërskool Nylstroom het twee skitterende doele aangeteken in die wedstryd teen Hoërskool Hans Strijdom. Haar spoed en vernuf met die stok sal verder in die seisoen goed dopgehou word.

 

Miko Keulder van Hoërskool Nylstroom het die baan vol gespeel en het die Wonnies op die aanval en die verdediging besig gehou.

 

Juanel Visagie van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het puik presteer in die 600 m tydens die BCVO se landwye atletiekbyeenkoms in Sasolburg. Sy het met dié prestasie BCVO-kleure verwerf. Sy het ’n silwer medalje in die 600 m verwerf en ook ’n brons medalje in die 80 m.

 

Hierdie leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het Sentraal-Transvaal by die BCVO se landwye atletiekbyeenkoms op Vrydag 15 en Saterdag 16 Maart in Sasolburg verteenwoordig. Voor is Reitz Carshagen, Marione van Rooyen, Cecil Botha, LJ Humphries, Colin Boshoff, Henco Meyer en Ruben Doubell. In die middel is Juanel Visagie, Jani Stapelberg, Luzé Paul, Eldoria du Plessis, Melienke Vermaak (junior Victrix Ludorum van BCVO-skole), Pieter du Plessis, Mckayla Vermaak, Caeleb van der Walt en Janus Oosthuizen. Agter staan Nolan Nel, Keanu van der Walt, Ruan Campher, Elni Jooste, Jo-Anne du Plessis, Kiandra Doubell en Lize Stapelberg.

 

Die mininetbal- en bulletjierugbyspanne van Vaalwater het op Saterdag 12 April hul vernuf op Laerskool Warmbad se bane gewys. Hier staan die mini-netbalspan. Hulle is Daniella Bezuidenhout, Isobella Pereira, Chanté van der Merwe, Abbie Derchsenen en Shay-Anne Louw. Agter is Penyo Nonyana en Leticia Birrell.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button