CrimeNews

Bly koelkop op ’n noodtoneel

Die tragiese dood van Roger Trosello (7), ’n leerder aan Laerskool Warmbad, het vir Andy Gill van APA-ambulansdienste in die dorp genoop om leiding aan inwoners te gee oor hoe om te reageer wanneer hulle op ’n soortgelyke ongelukstoneel afkom.

Roger het vermoedelik in ’n bewegende voertuig se agterste band vasgehardloop en is teen ’n ander voertuig geslinger. Die ongeluk het kort ná ’n bulletjie-rugbyoefening naby Laerskool Warmbad gebeur.

Hier is Gill se wenke:

  • Kalmeer en kyk of dit veilig rondom jou is voordat jy na die pasiënt gaan. Beveilig die omgewing sodat niemand op die pasiënt trap of die pasiënt raakry nie. Omstanders wat wil help moet veral hul eie veiligheid in ag neem.
  • Moenie die pasiënt summier verskuif nie.
  • In uitsonderlike gevalle, waar die omliggende omgewing te onveilig is soos byvoorbeeld op ’n besige snelweg, kan die omstander die pasiënt versigtig weg uit direkte gevaar skuif. Moenie die pasiënt optel nie, want dit kan inwendige beserings vererger.
  • Bel dadelik die polisie, ambu-lans, buurtwag of brandweerafdeling.
  • Ondersteun die pasiënt deur met hom of haar te praat. Indien daar sigbare erge bloeding is, kan druk daarop toegepas word — mits die persoon wat help weet wat hy of sy doen.
  • Indien die pasiënt bewusteloos raak, draai hom of haar op die sy sodat hy of sy nie verstik nie.
  • Laat toe dat opgeleide noodhulpkenners die pasiënt op die toneel stabiliseer en na die naaste hospitaal vervoer.
  • Alle mense, en selfs skoolleerders, behoort een of ander vorm van noodhulpopleiding te kry.

Related Articles

Back to top button