Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Retha Stegmann se kleurvolle foto “Sonneblom” was tydens die Bosveld-fotografieklub se Maart-byeenkoms die wenner in die kategorie: ope of piktoriaal. Sy het ook ’n merietetoekenning ontvang. Die klub vergader een keer per maand. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Gerda de Bruto se foto “So saam-saam” het ’n merietetoekenning in die senior-afdeling losgeslaan tydens die Warmbad-fotografieklub se April-vergadering. Ywerige fotograwe kan gerus by die klub aansluit. Hulle vergader maandeliks in die AP Kerk op die hoek van Huilbos- en Katjiepieringlaan in Bela-Bela.

 

Hennie Ludick se pragfoto met die titel “Hallo daar” het vir hom ’n merietetoekenning in die senior-afdeling besorg tydens die Warmbad-fotografieklub se April-vergadering. Ywerige fotograwe kan by die klub aansluit. Bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Gerda de Bruto se pragtige foto met die titel “Hoogmoed” is tydens die Warmbad-fotografieklub se Maart-byeenkoms met ’n merietetoekenning in die senior afdeling beloon. Bel vir Gerda de Bruto by tel.082 563 4725 om by die klub aan te sluit.

 

Hennie Louw se foto “Bingo” het tydens die Bosveld-fotografieklub se Maart-vergadering ’n merietetoekenning in die wildlewe-afdeling ontvang. Louw is ook as die senior maandwenner aangewys. Die klub kom een keer per maand bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Michelle Rootman se besondere foto “Geraamde oë” is met ’n merie-tetoekenning in die driester-afdeling beloon tydens die Warmbad-fotogra-fieklub se April-vergadering. Vir meer inligting oor die klub, bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Alma Hoon se foto “Hoog en droog” het tydens die Warmbad-fotografieklub se Maart-byeenkoms ’n merietetoekenning in die driester-afdeling behaal. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilbos-laan in Bela-Bela. Bel vir Gerda de Bruto by tel . 082 563 4725 vir meer inligting oor die klub.

 

Wilna Venter se foto “My lewe” is tydens die Warmbad-fotografieklub se Maart-byeenkoms met ’n merietetoekenning in die driester-afdeling beloon. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Alma Hoon se foto “Sonopvlug” het vir haar ’n merietetoekenning in die driester-afdeling tydens die Warmbad-fotogra-fieklub se April-vergadering besorg. Mense wat by die klub wil aansluit, kan vir Gerda de Bruto bel by tel. 082 563 4725.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button