Local sportSport

Groot geleentheid vir plaaslike bulletjies

Laerskool Nylstroom het op Saterdag 6 April sy baie gewilde groot jaarlikse bulletjierugby en mini-netbaldag by die skool aangebied.

Skole wat dié dag bygewoon het, sluit in Laerskool Krugerpark van Mokopane, Laerskool Julian Muller van Groblersdal, Laerskool Nylstroom en Laerskool Eenheid in Modimolle, Laerskool Unitas van Swartwater, Laerskool Warmbad in Bela-Bela, Laerskool Eugène N. Marais van Mookgopong, Laerskool Vaalwater en Laerskool Pietersburg van Polokwane.

Zian Harmse van Laerskool Nylstroom se o.7-bulletjiespan het klaar gewys rugby is in sy bloed. Hier laat wiel hy met die bal. Foto: Herman Steyn

 

Die jong manne op die rugbyveld en meisies op die netbalbane het sommer baie spoggerig met hul spandrag gelyk, want vir sommiges was dit hul heel eerste verskyning voor ’n “skare”.

Volgens die organiseerders het die kinders behoorlik hul harte uitgespeel en die ondersteuning langs die veld en bane was ook uit die boonste rakke.

Laerskool Nylstroom het “volpunte” verdien as gasheerskool van die dag.

Sien ook die fotoblad: https://www.citizen.co.za/die-pos/bulletjierugbydag-sorg-vir-groot-vermaak/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button