Local sportSport

Bela-Bela is rol-rol wenners van suksesvolle toernooi

Die gewilde Kranskop Sesse-rolbaltoernooi het vanjaar weer rolbalspelers vanoor die hele Waterberg gelok vir heerlike, uitdagende spel.

Alteame 60 spelers wat in tien spanne gespeel het, het aan die toernooi deelgeneem. Dit is die 12de jaar dat die toernooi deur die Nylstroom-rolbalklub aangebied word. Die spanne het nie net van Modimolle, Bela-Bela, Mookgophong en Mokopane gekom nie, maar ook van Vanderbijlpark en Pretoria. Heerlike koel weer het spel vergemaklik.

Dié span van Bela-Bela het op Vrydag 5 April met die louere weggestap tydens die Kranskop Sesse-rolbaltoernooi wat deur die Nylstroom-rolbalklub aangebied is. Op die foto is Annes Opperman (Nylstroom-klub se president), Tollie Venter (skipper), Marissa Venter, Frans van der Merwe van ’n plaaslike supermark wat die dag geborg het, Lochner Mudge, Ernest du Plessis, Hettie Rossouw en Howard Holtzhausen.

 

Bela-Bela se rolbalspanne het skoonskip gemaak tydens die Kranskop Sesse-toernooi in Modimolle. Hulle het ook die derde plek in die toernooi behaal. Op die foto is Annes Opperman (Nylstroom-klub se president), Beatrix Esterhuize, Leon Raath (skipper), Koos van Greuning, Pieter Steynberg, Magda Grové, Mack Boshoff en Frans van der Merwe van die supermark wat die dag geborg het.

 

Só lyk die naaswenners van die Kranskop Sesse-rolbaltoernooi. Dié span is van Bela-Bela. Op die foto is Annes Opperman (Nylstroom-klub se president), Annatjie Willemstein, Peet Buys, Frans van der Merwe (borg), Isobell Botha, Jan Greeff, Charmaine van der Merwe en Jaap Lindhout.

 

Die spanne van Bela-Bela het skoonskip gemaak en die eerste drie plekke ingepalm.

Die klub het ook tydens die toernooi se prysuitdeling aan Heskia Mokone, wat hul perke al langer as tien jaar seepglad sny, erkenning gegee.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button