GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Dié vier trotse atlete van Hoërskool Nylstroom het Limpopo tydens die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap in Port Elizabeth verteenwoordig. Keletso Mokgahlane (seuns 0.19) het deelgeneem aan die 400 m en ’n vyfde plek in sy uitdunronde behaal. Leonette Vosloo het haarself as die vyfde vinnigste o.19-meisie in die 100 m bewys. Sy was ook agtste in die 200 m. Danel Niemann (meisies o.17) het deelgeneem aan gewigstoot en diskus en ’n elfde plek in gewigstoot behaal. Martin Vosloo (seuns o.17) het aan die 100 m deelgeneem en vyfde in sy uitdunronde geëindig.

 

Anika Holtzhausen van Hoërskool Nylstroom het onlangs deelgeneem aan Suid-Afrikaanse tenniskampioen-skap in Pretoria. Sy het 16de in die o.15-ouderdomsgroep geëindig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button