CrimeNews

Onbekende man dood langs R101-pad aangetref

“Ons vermoed dat die man dalk by een van die plase in die omgewing gewerk het.”

Die polisie in Modimolle vra die gemeenskap se hulp nadat ’n voetganger wat vermoedelik in sy laat twintings is, dood is in ’n tref-en-trap-ongeluk.

Die man se identiteit is nie bekend nie.

Die ongeluk het volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, op Saterdagoggend 2 Maart net ná 01:00 gebeur. Die man se liggaam is op die R101-pad net buite die dorp in die rigting van Bela-Bela gekry.

“Ons vermoed dat die man dalk by een van die plase in die omgewing gewerk het,” het hy gesê.

Die man was geklee in ’n blou denim, blou hemp en sandale en het kort Rasta-lokke.

Indien enigiemand ’n idee het wie die man is, bel vir AO Ciska Fourie, die ondersoekbeampte, by tel. 082 927 7756.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button