GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Hierdie leerders van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Dinsdag 5 Maart tydens die skool se interne redenaarskompe-tisie met die louere weggestap. Hulle volgende kompetisie is die ATKV-uitdunne by Hoërskool Hans Strijdom op Vrydag 12 April. Voor staan die juniors Mia Botha (eerste), Christelle Small (tweede) en Lumé Venter (derde). In die middel staan die wenners van die intermediëre fase René Small en Chané Loots (gesamentlik eerste) en Jessica Potgieter (derde). Agter is die seniors Izabella Rentroia (derde), Isabelle de Beer (eerste) en James Briel (tweede).

 

Charmaine Temple, ’n gasspreker van Pretoria, het die senior meisies van Laerskool Vaalwater op nasionale Vrouedag (Vrydag 8 Maart) toegespreek. Die meisies het gesê die praatjie was inspirerend en hulle het dit baie geniet. Hier staan Temple agter die uitbundige meisies ná haar besielende boodskap aan alle vroue om ’n verskil te maak. Dié boodskap is ook Laerskool Vaalwater se tema van die jaar.

 

Lou-Marie Croukamp, ’n gr. 4-leerder aan Laerskool Vaalwater, kon ’n ou pennie-geldstuk wat haar pa in hul tuin op die dorp uitgespit het, neem vir ’n klasprojek waar leerders artikels uit die verlede moes versamel om in ’n beoogde skoolmuseum te bêre. Die Croukamps woon in een van die mooi ou stasiehuise in Vaalwater en het al verskeie artikels van weleer daar ontdek.

 

Die vrouepersoneel van Laerskool Vaalwater is op Vrydag 8 Maart onverwags deur hul manlike kollegas bederf. Die mans het moeite gedoen met heerlike koffie en ’n sjokoladekoek om internasionale Vrouedag te vier. Die vroue se harte het warm geklop toe Leonard Vorster, skoolhoof, namens die mans gesê het dat hulle werklik elke vrou op die personeel waardeer. Hier hou Marie van der Westhuizen die mooi versierde koek vas wat Johan Lochner, departementshoof, gereël het. Op die foto is Chenelle Brits, Chantal Robbertse, Jane Madisha, Leonie Buermann, Rebecca Mpepele, Madelein Nel en Chanel Jacobs. Agter is Lorrain Loots en Charlene Willemse.

 

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het van 1-3 Maart die Majubafees in Volksrust bygewoon. Die slag van Majuba wat op 27 Februarie 1881 plaasgevind het, word elke jaar op Majuba herdenk. Ouers, onderwysers en leerders het die Majubaberg uitgeklim. Die slag van Majuba was die laaste van vier militêre botsings tussen Engeland en die Boere van Transvaal gedurende die Eerste Vryheidsoorlog. Die klinkende oorwinning wat die Boere behaal het en die vernederende nederlaag vir die Britte, het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee.

 

Die vierjarige Lerize Botha van Waterberg-Kleuterland het saam met ouers en leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle die Majubaberg uitgeklim tydens die onlangse Majubafees in Volksrust. Sy het ’n medalje ontvang vir dié prestasie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button