Local newsNews

Pa se woorde kan bou of breek, sê Jannie de Beer

“As ouers nie hul kinders ken en verstaan nie en hulle nie toerus met waardes en kennis nie, gebeur dit baie keer dat dié kinders erkenning en aanvaarding op die verkeerde plekke soek.”

Jannie de Beer, voormalige Springbok-losskakel, het op Donderdag 28 Februarie in Bela-Bela gekuier om met leerders en ouers tydens Hoërskool Warmbad se jaarlikse pa- en-dogteraand te gesels.

Die vorige dag het hy personeel, ouers en beheerliggaamslede by die skool se lapa ontmoet waar hy uitgewei het oor sy passie vir gesinne en die eenheid van ’n familie.

De Beer is ’n uitgesproke Christen en het hom sedert sy uittrede as Springbok- rugbyspeler as motiveringspreker onderskei.

Hy het in 1997 bekendheid verwerf vir sy vyf skepdoele tydens ’n internasionale wedstryd teen Engeland.

Vandag getuig hy wat die verskil is tussen ’n skepdoel en ’n skeppingsdoel, soos dit deur God bepaal word.

“Ons moet ’n kultuur van seën in die gesinsopset skep, want dit is maar net een van die duiwel se planne om ’n pa uit die gesinsprentjie te probeer kry,” het De Beer, wat self uit ’n gebroke huis kom, gesê.

“Die egskeidingsyfer was in 1960 landwyd merkwaardig laer as in 2019. In 2005 was daar 31 000 egskeidings landwyd,” het De Beer gesê.

“Tweederdes van kinders se ouers kom uit gebroke huise en min van hul pa’s het gereeld vir hulle gesê dat hulle trots op hul kinders is. Of dat hy hulle ten volle seën. Ons kultuur het eintlik baie ‘arm’ geword.”

Hy het gesê werksverpligtinge wat meer geword het, gehaltetyd wat minder geword het en stres weens ekonomiese druk dra by tot die verbrokkeling van gesinsbande.

Volgens De Beer het tot 95% van mis-dadigers wat in tronke is, nooit ’n ver-houding met hul pa’s gehad nie.

De Beer meen dit is een van ’n ma se god-delike pligte om haar kinders te koester terwyl die pa die kind se identiteit, veiligheid, skeppingsdoel en visie bepaal. “’n Pa se woorde kan maak of breek,” het hy gesê.

“As ouers nie hul kinders ken en verstaan nie en hulle nie toerus met waardes en kennis nie, gebeur dit baie keer dat dié kinders erkenning en aanvaarding op die verkeerde plekke soek.

“’n Pa moet veral toesien dat sy dogter se hart vir haar trouman bewaar word, want hoe kan sy haar hart ten volle vir ’n man beloof indien haar hart in stukke is?” het hy gevra.

“Onderwysers vertel vir jou dinge, maar ’n pa wys vir jou dinge. Ouers behoort meer betrokke te raak by hul kinders se bedrywighede, want rykdom word nie noodwendig in geld gemeet nie,” het hy gesê.

“Die Bybel sê indien daar eenheid is, sal daar seën wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button