LettersOpinion

Wat is hier aan die gang?

Nou kom mense, selfs van oor Afrika, wat nog nie ’n enkele sent tot die staatskas bygedra het nie met eise van alles pasella. Is dit nie hemel op aarde in die nuwe Suid-Afrika nie?

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Daar is die afgelope naweek in die media berig oor mense wat voortydig huise uit die regering se heropbou- en ontwikkelingsplan (HOP) betrek het en nou huil dat elektrisiteit nie aangelê is nie.

Dit het my laat dink.

Baie van ons het ons hele lewe gewerk om eendag met pensioen en ’n huis sonder skuld te kon aftree. Belastings is gereeld betaal en so ook munisipale verpligtinge om afsluitings te voorkom.

Nou kom mense, selfs van oor Afrika, wat nog nie ’n enkele sent tot die staatskas bygedra het nie met eise van alles pasella. Is dit nie hemel op aarde in die nuwe Suid-Afrika nie?

Binne enkele maande het ’n hele voorstad in Modimolle verrys. Daar is geen strate of dienste nie terwyl mense wat getrou hul belasting en waterverbruik betaal, moet pa staan vir die water wat aangery word om hierdie mense te bedien.

Glo my, binnekort gaan paaie brand en klippe rol!

Related Articles

Back to top button