LifestyleRecipes

Slappappoffertjies ’n perfekte dis

Wat is dan nou vir ’n Suid-Afrikaner lekkerder as mieliepap?

Die Pos het by Laetitia Louw Cilliers, sekretaresse van die Suid-Afrikaanse Vroue-federasie (SAVF) in Bela-Bela, asook bestuurslid van die Warmbad-maratonklub, gaan inloer om haar liplekker resep vir slap mieliepappoffertjies af te bedel.

Laetitia Louw Cilliers

 

Sy het die resep in Huisgenoot se Wenresepte 2-boek ontdek, maar het ’n paar aanpassings aangebring. Haar huismense en gaste geniet altyd die gereg en vra gewoonlik vir meer, sê sy.

Bestanddele en voorbereiding:

  • 100 ml mieliemeel
  • 500 ml water
  • 2,5 ml sout

Metode:

Meng die meel en die water. Bring tot kookpunt op die stoof en laat stadig prut vir so 15-20 minute in ’n pot met ’n deksel. Roer af en toe.
Laat die pap afkoel totdat dit louwarm is.

Addisionele bestanddele en voorbereiding:

  • ’n Koppie koekmeel
  • 2 ml mosterdsous
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml cajun speserye
  • 2,5 ml origanum
  • 100 ml gerasperde Weense worsies
  • 100 ml gerasperde kaas

Metode:

  1. Meng al bogenoemde bestanddele en die pap met 100 ml melk tot ’n slap deegmengsel.
    Verhit kookolie tot warm.
  2. Skep teelepels van die mengsel in die olie en bak totdat die poffertjies goudbruin is.
  3. Skep uit en strooi met Aromat-groentesout.
  4. Bedien en geniet.

Related Articles

Back to top button