EntertainmentLifestyle

Kom loer gerus na dié antieke trekkers

Die Settlers Veteraanklub bied op Saterdag 16 Maart weer ’n opedag vir veteraantrekkers- en enjins aan.

Dit is ’n heerlike gesinsdag waar kinders interaktief aan die uitstalling kan deelneem. Pa kan met heimweë dink aan hoe Oupa se trekker gelyk het en seuns kan sien hoe ver het die tegnologie gevorder met die nuwe trekkers en implemente wat nou in die store staan. Demonstrasies van ou trekkers en enjins uit toeka se dae sal aangebied word.

Almal kan heerlik smul aan die vars plaasprodukte en die kosstalletjies wat beskikbaar is. Vir die dors sal daar ook ’n kontantkroeg wees. Uitstallers kan reeds vanaf Vrydag 15 Maart opdaag en hul trekkers en enjins aflaai. Kampplek is op die terrein beskikbaar.

Vir meer inligting oor die opedag bel vir Hannes van Heerden by tel. 082 651 2885 of Pieter Lubbe oor die huur van stalletjies by tel. 073 197 3252.

Dagbesoekers kan die ou masjiene op Saterdag 16 Maart vanaf 09:00 tot 16:00 besigtig.

Related Articles

Back to top button