Local sportSport

Skermkunsklub open sy deure in Bela-Bela

Vegkuns in enige vorm is in die meeste gevalle baie tegnies van aard en dit is belangrik dat deelnemers op hul voete kan dink.

Die skermkunsklub wat in Februarie die lig in Bela-Bela gesien het, het reeds heelwat belangstelling uitgelok. Die stigters van die klub, Marissa en Mariaan van Niekerk, het daarvan bewus geword dat dié sportsoort aan die uitsterf is in Limpopo.

“Dit is iets buitegewoons en ’n lekker manier om fiks te word terwyl ’n mens ’n swaard (bekend as ’n épée) in die hand het,” het Marissa gesê.

“Die sport leer ’n mens van selfverdediging, wanneer om aan te val, hoe om vinnig op jou voete te dink en hoe om jou verdediging op ’n tegniese vlak te doen. ’n Deelnemer se voetwerk speel ’n belangrike rol.”

Die klub word deur die Limpopo-skerm-kunsassosiasie ondersteun en hulle het ook basiese toerusting aan die klub beskikbaar gestel. Kursusse is reeds deur die assosia-sie aangebied.

“Ons beoog om deur die jaar aan vriendskaplike wedstryde deel te neem en hopelik kan ons lede in die toekoms op provinsiale, nasionale of selfs internasio-nale vlak meeding,” het Mariaan gesê. “Ongelukkig het ons meer toerusting nodig.”

Hoërskool Warmbad het voorlopig ’n perseel by die skool se koshuis beskikbaar gestel waar die klub tans oefen. Mariaan het egter gesê hoewel hulle baie dankbaar vir die vergunning is, is die vloer waarop hulle oefen nie altyd geskik vir die tipe voetwerk wat deel is van dié vegkunsvorm nie.

“Die klub is vir leerders en volwassenes,” het Mariaan gesê.

Die klub oefen op Dinsdae en Donderdae tussen 17:00 en 18:00 by die skoolkoshuis in Swanepoelstraat, Bela-Bela.

Vir navrae oor die klub kan mense vir Marissa ’n Whatsapp-boodskap stuur na tel. 074 847 5079.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button