LettersOpinion

Dit was nou mooi, Warries!

Die positiewe gesindheid, oop harte, flukse hande en buitengewone spanwerk van verskeie inwoners van ’n verskeidenheid organisasies en individue, het my met hoop en optimisme vervul.

Paul Smith, Spur, Bela-Bela, skryf:

Ek het die afgelope byna 15 jaar baie lief geword vir Bela-Bela en sy mense.

Ek sien myself as ’n betrokke lid van die gemeenskap en daar is min instansies in hierdie dorp waar ek nog nie ’n bydrae gelewer het nie.

Daar was egter nog nie ’n gebeurtenis of geleentheid wat my só trots gemaak het om deel te wees van Bela-Bela, soos die pasafgelope Bosveld Interhoër nie. Die positiewe gesindheid, oop harte, flukse hande en buitengewone spanwerk van verskeie inwoners van ’n verskeidenheid organisasies en individue, het my met hoop en optimisme vervul.

Die voorbereidings, wat oor baie weke gestrek het, Vrydagoggend 22 Februarie se gebed om seën op die verrigtinge te vra en toe ’n uiters suksesvolle Saterdag 23 Februarie het ons pragtige Sonskyndorp en sy fantastiese mense tot eer gestrek. Die Warries was ’n vertoonvenster vir ons dorp.

Aan Paul Liddle, skoolhoof van Hoërskool Warmbad, personeel, beheerliggaam, ouers, borge en elke Sonskyndorper wat gehelp het, knap gedaan! Ons is bevoorreg om so ’n puik skool in ons gemeenskap te hê.

Related Articles

Back to top button