Local newsNews

VLU se Vlakte-tak leer van beroerte

Aletta Havenga, voormalige radiografis en huidige voorsitter van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Vlakte-tak, het lede toegespreek en belangrike inligting gegee oor beroerte as lewensbedreigende siektetoestand.

Volgens haar beslaan die brein slegs 2% van die liggaam se totale gewig en bevat dit meer as tien miljard senuweeselle wat voortdurend onderling kommunikeer om elke gedagte, beweging en gewaarwording voort te bring.

’n Beroerte is ’n “breinaanval”.

Dit gebeur wanneer die bloedtoe-voer na ’n area in die brein afgesny en die breinselle beskadig word of selfs afsterf.

Die uitwerking van ’n beroerte word bepaal deur waar in die brein hierdie skade voorkom.

Voorbeelde van die skade is ver-lamming, spraakinkorting, sluk-funksie wat beperk word, inkontinensie, visuele versteuring en vele meer.

Dit is uiters belangrik dat pasiënte so gou moontlik vir nood mediesebehandeling geneem word indien enige van dié simptome gewaar word.

Havenga het voorts gesê daar is bewyse dat die skade tot ’n minimum beperk kan word as ’n beroerte binne die eerste paar uur behandel word.

Die Beroerte Steungroep in Pretoria en elders poog om deur bewusmakingsprogramme inligting te verskaf wat gebruik word om ’n beroerte se tekens te kan identifiseer. Hulle gebruik die Engelse akroniem B_E_F_A_S_T as hulpmiddel:

Balance: is die persoon se balans versteur of is hy of sy lighoofdig?
Eye: het die persoon visuele steuring en sukkel om te sien?
Face: is die een kant van die gesig skeef?
Arms: is een arm lam of swakker as die ander?
Speech: sleep die persoon se tong of praat hy of sy deurmekaar?
Time: kry die persoon so gou as moontlik by mediese hulp.

Related Articles

Back to top button