Local sportSport

Groot geveg wag vir jong bokser

Hou die jong bokser van Modimolle, Karabo Mokupi, op Sondag 24 Februarie om 14:00 op Supersport 8 dop, wanneer hy kragte meet met die Kongolees, Augustin Matata, by Emperor's Palace.

Matata se bynaam in die bokskryt is Big Ben en hy het reeds ses professionele gevegte onder die gordel waarin hy drie uitklophoue toegedien het. Matata is volgens die webblad Boxrec 174e op die wêreldranglys teenoor die jong Mokupi se 515e plek.

Mokupi sou aanvanklik kragte gemeet het met die interna-sionale middelgewigbokser Dowayne Combrink.

Combrinck was reeds wêreldtitelhouer en het gelykop geëindig in ’n wêreldtitelgeveg teen Giovanni Bushby.

Combrink het egter aan die geveg onttrek.

Karabo Mokupi kom op Sondag 24 Februarie teen die Kongolees Augustin Matata te staan. Foto: Boxrec

 

In sy drie professionele gevegte het Mokupi vir Johannes Lesiba en Prince Kata met uitklophoue gewen.

Hy het sy eerste geveg teen die gesoute bokser Michael Markram verloor.

“As Karabo hier wen, kan hy mik daarvoor om vir die Suid-Afrikaanse titel te veg,” het sy afrigter, Peet Oberholzer van Obie’s Boxing and Fitness Gym by Hoërskool Nylstroom, gesê.

Oberholzer het nog vier jong belowende boksers van Limpopo onder sy vlerk. Hulle het onlangs almal professioneel begin boks.

Die geveg tussen Mokupi en Matata word om 14:00 op Supersport 8 uitgesaai.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button