Local newsNews

Gewese laerskoolhoof oorlede

Swanepoel was die afgelope drie jaar tot sy huis in Huilboslaan, Bela-Bela, beperk weens sy gesondheidstoestand wat verswak het.

Frikkie Swanepoel (88), ’n oudskoolhoof van Rooiberg en jarelange inwoner van Bela-Bela, is op Vrydag 8 Februarie in die Phodi-kliniek aan natuurlike oorsake oorlede.

Swanepoel was die afgelope drie jaar tot sy huis in Huilboslaan, Bela-Bela, beperk weens sy gesondheidstoestand wat verswak het. Sy vrou, Babs, het hom versorg totdat hy in die hospitaal opgeneem is.

Swanepoel is in 1930 gebore en het in die Swartwater-omgewing in Limpopo grootgeword. Hy het aan Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane gematrikuleer en was ’n Bosvelder in murg en been. Hy het ná skool onderwys aan die Onderwyskollege in Pretoria gestudeer waar hy ook sy vrou ontmoet het.

Hy het by verskeie skole in Limpopo soos Soekmekaar, Duiwelskloof en Lydenburg skoolgehou. In 1965 is hy as die nuwe skoolhoof van Laerskool Rooiberg aangestel waar hy tot met sy aftrede in 1990 was, het Babs gesê.

Hy en sy vrou was 62 jaar getroud en het twee seuns en twee dogters.

“Hy was baie geliefd onder personeel en leerders waar hy skool gehou het. Hy het veral toegesien dat sy leerders verder in die lewe kon gaan,” het Babs gesê. “Hy was lief vir gholf en rolbal. My man was baie godsdienstig en regverdig, want vir hom was iets swart of wit.”

Swanepoel se begrafnis vind op Vrydag 15 Februarie om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk in Bela-Bela plaas.

Die familie bedank elkeen wat hulle die afgelope tyd bygestaan het, veral die hospitaalpersoneel van die Phodi-kliniek, nooddienste, familie en vriende.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button