GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Laerskool Nylstroom het nuwe hoofleiers aangekondig nadat Martiens Joubert, wat hoofseun was, Mokopane toe verhuis het. Lorinda Broodryk is onderhoofmeisie, Elizabeth Smith hoofmeisie, Altus du Plessis hoofseun en Wessel Swart onderhoofseun.

 

Arlene Thienpoint is die nuwe gr. R-onderwyseres by die Waterbergskool vir CVO in Modimolle. Haar voorganger, Rannie Erasmus, het haar ’n paar dae lank bygestaan om die kleuters met die aanpassing te help. Voor is Marnus Kleinhans, Corlise du Plessis, Liané van Rooyen en Petria Stapelberg. Agter is Milané van der Walt, Thienpont en Clariska Kruger.

 

Hoërskool Warmbad se musieksentrum het die jaar op ’n hoë noot begin met hul ywerige paneel musiekonderwysers wat slaggereed is vir die jaar. Op die foto is Carolien Celliers, Hannalie Kriek, Michelle Vos en Estelle du Plessis. Vir navrae oor die musieksentrum kan mense vir Celliers bel by tel. 082 563 9849, vir Kriek by tel. 083 719 9949, vir Vos by tel. 079 951 2530 en vir Du Plessis by tel. 082 326 9317.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button