LettersOpinion

Departement moet sorg dat skole se infrastruktuur veilig is

Die departement van infrastruktuur-ontwikkeling moet eerste aandag gee aan skoolgeboue wat op dieselfde ontwerpersplan as dié van Hoërskool Driehoek gebou is.

Philip van Staden, Vryheid Front Plus: LPW: Gautengse wetgewer, skryf:

Die VF Plus gaan die departement van infrastruktuurontwikkeling in Gauteng versoek om dringend strukturele ingenieurs na alle skole in Gauteng te stuur om vas te stel of skoolgeboue veilig is.

Die VF Plus wil toesien dat alles moontlik gedoen word om seker te maak dat geen skool en gemeenskap die hartseer en trauma moet ervaar wat by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark afspeel nie.

Die departement van infrastruktuur-ontwikkeling moet eerste aandag gee aan skoolgeboue wat op dieselfde ontwerpersplan as dié van Hoërskool Driehoek gebou is.

Die oorsaak van die loopbrugineenstorting is nog nie bekend nie. Intussen kan daar egter nie toegelaat word dat ’n enkele leerder sy of haar lewe verloor weens swak bouwerk nie.

Die VF Plus het reeds die skool besoek en met die skoolhoof, Hein Knoetze, en ander belanghebbendes vergader en hulp aangebied. Die VF Plus se jeugleier, Jean Kriek en parlementêre lid, adv. Anton Alberts, was ook teenwoordig.

Die VF Plus sal die departement van onderwys en infrastruktuurontwikkeling versoek om nie toe te laat dat die Hoërskool Driehoek se skoolgebou gebruik word voordat dit deur strukturele ingenieurs veilig verklaar is nie.

Related Articles

Back to top button