Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die Warmbad-fotografieklub het tydens hul jaarafsluiting erkenning gegee aan die topfotograwe van 2018. Op die foto is (voor) Alma Hoon, wat die meeste merietefoto’s geneem het. Agter haar is Drina van der Merwe (mees toegewyde fotograaf), Michelle Rootman (fotograaf van die jaar) en Tilly Kriel (beste vordering). Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is welkom. Vir meer inligting, bel vir Gerda de Bruto by tel. 082Ä 563 4725.

 

Theunis de Bruin (52) van Bela-Bela is op Maandag 28 Januarie by Hoërskool Warmbad aan ’n hartaanval dood terwyl hy besig was om instandhoudingswerk by die skool te doen. Paul Liddle, skoolhoof, het aan Die Pos gesê De Bruin was altyd gewillig om die skool te help. Hy word oorleef deur twee broers en sy twee aangenome kinders, Brenda (14) en Sakkie (12), wat intussen deur die Die Nuwe Lewe Kerk in die dorp versorg word. Belinda Dippenaar, predikantsvrou van dié gemeente, het aan Die Pos gesê De Bruin het alles vir sy kinders gedoen en was uiters geliefd onder gemeentelede. Sy begrafnis was op Dinsdag 5 Februarie by die kerk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button