Die Pos wou by dié twee gr. 5-leerders van Laerskool Vaalwater uitvind hoe weet ’n mens of jy lief is vir iemand? Ná ’n bietjie kopkrap het Marzel Derkson gemeen dat ’n mens ’n “weird” gevoel kry en dan weet jy dit is liefde. Grace Moeng reken dat ’n mens weet dit is ware liefde wanneer jy opgewonde is wanneer jy saam met iemand is.
By Laerskool Vaalwater het van klein tot groot ’n mening oor die liefde. Op die vraag: “Hoe weet ’n mens of jy lief is vir iemand?” het Freandie le Roux (gr. 4) gesê: “Jy is vriendelik, deel jou broodjies, help ander oor die pad, help Juffrou, help mense wat seerkry.” Lou-Marie Croucamp (ook in gr. 4) het bygevoeg dat ’n mens ’n maatjie sal troos en jou broodjie sal weggee wanneer jy lief is vir iemand. Jy sal ook help met huiswerk.
How do you identify true love? Learners from Waterberg Academy in Vaalwater were happy to share their insight with The Post. Leanne Bailie (Grd 10) says it is when your partner makes you really happy. Kamo Malema (Grd 7) says it is when you cannot stop thinking of the other person. Loapi Mosaka (Grd 11) reckons when you cannot go through a day without speaking to that person and Panashe Gare (Grd 9) says it is when you see the best in the other person unconditionally.