CrimeNews

Twee vas met kalwers op bakkie

Ses vasgebinde kalwers is agterop die bakkie gevind.

Twee mans is op Maandagoggend 21 Januarie buite Settlers in hegtenis geneem nadat hulle met vermoedelik gesteelde vee betrap is.

Volgens inligting van die polisie se veediefstaleenheid het lede van die Pro-Track Anti-poaching-eenheid voor dagbreek ’n verdagte bakkie in die omgewing gewaar.

Boere, lede van die gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) en van Pro-Track het gehelp om die bakkie voor te keer en van die pad te trek, het die polisie gesê.

Ses vasgebinde kalwers is agterop die bakkie gevind.

Ondersoekwerk het aan die lig gebring dat die vee aan ’n boer van die omgewing behoort. Die twee mans in die bakkie is deur die polisie in hegtenis geneem en van veediefstal aangekla.

Die twee, John Mosaka (35) en Ofentswe Mabala (25) het op Dinsdag 22 Januarie in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel na Donderdag 30 Januarie wanneer hulle om borgtog aansoek doen.

Die twee is steeds in aanhouding. Daar is aanvanklik ’n derde man saam met hulle aangekeer, maar die polisie het intussen klagtes teen dié man laat vaar.

Related Articles

Back to top button