LettersOpinion

Indringerplante is besig om ons hele natuurerfenis te verwoes

Nie net vereis die wet dat ons hierdie onkruid moet uitroei nie, maar dit is ons plig as landsburgers om na ons natuurerfenis om te sien.

Chris Wagner, Bela-Bela, skryf:

Ek hou die besonderhede van twee van die grootste indringerpeste aan elke leser voor.

Algehele verowering of vernietiging van ons mooi Bosveldlandskap en weiding, soos trouens reeds in groot dele van Gauteng, is ons voorland as ons nie daadwerklik optree en dié plante uitroei nie.

Hulle helder blommetjie mag nie langer verdra en bewonder word nie, al draai die vlinders om hulle.

Lantana-bessies is hoog op elke lekkerbek geveerde vriendjie se spyskaart en hulle versprei dit skaamteloos van sitplek na sitplek.

Die pom-pom se verspreidingstrategie, daarenteen, is dat ryp sade op hul eie vlerkies net gaan waar die wind hul neem. Elke blomhofie kan tot ’n duisend saadjies die wêreld instuur en ons mag dit nie langer toelaat nie.

Vernietig dit asseblief as volg:

  • Knip elke blomstingel versigtig af en steek dit in ’n sak sonder om enige saad te laat ontsnap en verbrand dit so gou moontlik.
  • Spuit die res van die plant dan dadelik met onkruiddoder om dit tot in sy wortels te laat vrek.
  • Leer ken die plante in al sy stadiums sodat plante reeds uitgeroei word voordat dit begin blom.
  • Wees elke dag op jou hoede en moenie uitstel om op te tree nie. Die lewensiklus van hierdie plante is baie aggressief en saadjies kan binne ’n dag ryp wees en versprei.

Nie net vereis die wet dat ons hierdie onkruid moet uitroei nie, maar dit is ons plig as landsburgers om na ons natuurerfenis om te sien.

Die projek sal toewyding, beplanning moeite en geld vereis, maar dit bly die moeite werd.

Related Articles

Back to top button