Lifestyle

Mamma, ek wil ’n kar hê!

Daar is min dinge wat soveel opwinding verskaf as die uitsoek van ’n student se eerste ryding.

Natuurlik wil elke ouer die beste moontlike kopie vir sy of haar kind opspoor, maar met intreemotors wat reeds in die omgewing van R200 000 kos, is ’n gebruikte motor vir die meeste die enigste opsie.

Hou egter die volgende in gedagte met die uitsoek en aankoop van ’n gebruikte studentemotor:

Betroubaarheid:

Aangesien ’n mens ten alle koste die situasie van ’n onklaar voertuig langs die pad wil vermy, moet enige “nuwe” voertuig deeglik deurgekyk word. Om ’n motor by ’n vriend of familielid te koop, is die eerste prys.

Maak egter seker van die motor se diens- en herstelgeskiedenis.

Veiligheid:

Bevestig dat die remme, ligte en ruitveërs behoorlik werk en begroot ’n paar rand ekstra om onklaar items te vervang.

Verbruikerskoste:

Neem die toekomstige koste van die motor in ag. Brandstofverbruik, versekering en onderhoudskoste kan vir almal ’n aanvanklike winskopie in ’n nagmerrie verander.

Beperk toebehore:

Vermy motors met oordadige kosmetiese toebehore. Duur wiele word graag gesteel op plekke waar studente noodgedwonge moet parkeer. Boonop help dit nie juis met die herverkoopwaarde nie.

Bekende handelsmerke:

Koop liefs ’n model van een van die groot en bekende handelsmerke. Volkswagen, Ford, Mazda, Toyota, Suzuki, Honda en Hyundai vervaardig almal puik betroubare motors vir studente. Onderdele is maklik bekombaar en redelik bekostigbaar.

• Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela.

Related Articles

Back to top button