Local sportSport

Gewilde Bosveldmyl gaan wéér nie plaasvind

’n Meganisme wat die sluise by dam beheer, is vermoedelik deur vandale beskadig. Dit het daartoe gelei dat water vanuit die dam na die ou dorpsdam gevloei het en dié oorvol geraak het.

Die gewilde jaarlikse Bosveldmyl, die Bela-Bela Splash, gaan vir die derde agtereenvolgende jaar nie kan plaasvind nie.

Die swembyeenkoms is jare lank in Maart by die Fish Eagle Bay-dam op die Alma-pad buite Bela-Bela aangebied.

Sedert die myl se ontstaan 20 jaar gelede, het die geleentheid groot belangstelling by deelnemers van oor die hele land gelok.

Petra Penzhorn, organiseerder van die myl, het egter aan Die Pos gesê al is dit hóé teleurstellend, sal die geleentheid weer nie vanjaar kan plaasvind nie weens die lae damvlak.

“Selfs al het die damvlak tussen Desember en Januarie gestyg, is die watervlak steeds te laag. “Die inloop is te stadig en die Bela-Bela-munisipaliteit sal waarskynlik weer water vanuit die Fish Eagle Bay-dam na die ou dam laat vloei,” het Penzhorn gesê. “Die reën kom elke jaar te laat. As ons weer die myl wil aanbied, sal dit tussen Oktober en November vanjaar moet reën.”

’n Meganisme wat die sluise by die Fish Eagle Bay-dam beheer, is vermoedelik begin Desember deur vandale beskadig.

Dit het daartoe gelei dat water vanuit die dam na die ou dorpsdam gevloei het en dié oorvol geraak het. Die ou dorpsdam word deur die Fish Eagle Bay-dam gevoed, wat weer aan die ontvangkant van die Bisschoff’s-dam is.

Volgens Dirkie van Heerden van die bootklub is die Fish Eagle Bay-dam tans 26 m diep.

Danksy goeie reën wat in Januarie geval het, het die damvlak met minstens 4 m gestyg.

Indien die dam se watervlak met nog 8 m kan styg tot op ’n diepte van 34 m, sal dit die perfekte diepte wees vir die Bosveldmyl, het hy aan Die Pos gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button