LettersOpinion

Is dit billik om die burgemeester so te beledig?

Hoewel ons burgemeester allerhande beskuldigings en beledigings toegesnou word, moet ons onthou dat haar prestasies dikwels van amptenare afhang.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Met die algemene verkiesing op hande, kan verwag word dat sekere ANC-munisipale werkers wat al vir jare in senior poste sit, alles moontlik sal doen en op uiters subtiele en slinkse wyse sal poog om die DA uit die kussings te lig.

Van hierdie munisipale amptenare in Modimolle het hoë aansien in die ANC en is superstrateë en sleuteldraers van kragpunte en waterkrane. Daarom is daar geen waarborg vir dienste nie.

Met die huidige krisis in Zimbabwe kan duisende nuwe inwoners by informele nedersettings verwag word. Nog erwe, nog water, nog krag.

Die probleem van bloed en riool in ons strate het meer as ’n dekade gelede begin. Dit is ’n skande dat die probleem nog nie herstel is nie.

Hoewel ons burgemeester allerhande beskuldigings en beledigings toegesnou word, moet ons onthou dat haar prestasies dikwels van amptenare afhang.

Onthou, dit is wanbetalers en bakhandstaners wat die ANC met beloftes van alles pasella op die podium hou. Dit is juis hulle wat vir die R250 miljoen skuld van die munisipaliteit verantwoordelik is.

Daar is tans voldoende water vir diegene wat Modimolle geldellik onderhou en vir hul dienste betaal. Of moet inwoners dit oorweeg om slegs te betaal vir die ure wat ’n diens gelewer is?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button