LettersOpinion

Moenie die rassekaart so gou speel nie

Ek het ook my kommer daaroor uitgespreek dat Mmusi Maimane by geleentheid verlede jaar, en nou weer die DA se jeugleier tydens die Schweizer Reneke-geval, blankes as rassiste uitgekryt het sonder om hulle van die feite te vergewis.

Pieter Raath, Bela-Bela, skryf:

Ek het die Demokratiese Alliansie (DA) se vergadering op Donderdagaand 17 Januarie in Bela-Bela bygewoon waar Athol Trollip die spreker was.

Ek het tydens die vergadering genoem dat die DA ongetwyfeld baie swart stemme moet bykry om noemenswaardige vordering te maak. Ek het ook my kommer daaroor uitgespreek dat Mmusi Maimane by geleentheid verlede jaar, en nou weer die DA se jeugleier tydens die Schweizer Reneke-geval, blankes as rassiste uitgekryt het sonder om hulle van die feite te vergewis.

My vraag was of hulle nie dieselfde positiewe effek op swart kiesers kan hê sonder om hul blanke kiesers in die steek te laat deur byvoorbeeld te sê hulle is bekommerd oor die voorval, dat die saak dringend ondersoek moet word en daar streng opgetree moet word as daar wel rassisme betrokke is nie?

Trollip het verkies om die boodskapper te skiet en my af te kraak omdat ek nie die twee here se presiese woorde onthou het nie, eerder as om die probleem aan te spreek. Hy het toe ook uitgevaar teen AfriForum wat die DA onregverdig kritiseer.

Die feit is dat selfs Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en self ’n uitstekende joernalis, die DA skerp gekritiseer het in sy TV-program kykNet-verslag in gesprek omdat die DA se jeugleier op Twitter uitgevaar het teen die “rassistiese skool” en die DA die onderwyser Elana Barkhuizen se skorsing onmiddellik verwelkom het sonder om hulself van die feite te vergewis.

Trollip het voortgegaan en self ook ’n striemende aanval teen die betrokke onder-wyser van Schweizer Reneke geloods.

Ek vind dit baie jammer dat die DA, soos die EFF en ANC, verkies om rassisme as popu-listiese retoriek te gebruik vir hul politieke voordeel ten koste van goeie rasseverhoudinge in die land en in hulle geval ook nog ten koste van hul tradisionele blanke kiesers. Dit laat my wonder of die DA nog ’n sinvolle politieke tuiste vir blankes in die land bied.

Related Articles

Back to top button