LettersOpinion

Teleurstelling op Oujaarsaand

Ons verleentheid was groot toe ons genooide gaste op ’n spesiale aand sonder kos moes wees.

Avontuur, Bela-Bela, skryf:

Ons het vroegtydig ’n bespreking by ’n bekende lodge in die Bela-Bela-omgewing gemaak om Oujaarsaand saam met agt vriende daar deur te bring.

Die bespreking was vir ’n heerlike ete wat aan ons voorgehou is met ’n dans en kuier tot laatnag.

Groot was ons teleurstelling toe adver-tensie en werklikheid nie ontmoet nie.

Ons het om 19:00 aangekom en vir ons gaste ’n drankie bestel. Almal het lekker saam gekuier en ná sowat ’n uur se verloop het ons gaan voorgereg opskep.

Terwyl ons gekuier het, het ons so teen 21:30 gesien ’n vrou dra bakke kombuis toe, maar ons het geglo dit was net om disse aan te vul. Geen van die restaurantbestuur of personeel het die gaste gewaarsku dat die kombuispersoneel reeds om 22:00 die terrein verlaat nie.

Ons verleentheid was groot toe ons genooide gaste op ’n spesiale aand sonder kos moes wees.

Ons het reeds vooraf betaal vir die ete en ek het aangedring op ’n terugbetaling aangesien daar nie aan ons verwagtinge voldoen is nie. Die bestuur was op daardie stadium reeds self gaste van die besige kroeg en was nie ontvanklik vir kritiek nie.

Wat ’n gesellige kuier moes wees, het ontaard in ’n onaangename ervaring.

Nooit, ooit weer nie.

Related Articles

Back to top button