Kansa het raad ná mastektomie

Kansa Waterberg hou op Dinsdag 5 Februarie ’n opedag vir vroue wat mastektomies ondergaan het.

Kansa se nuwe vennoot is The M Store, wat borsprosteses en spesiale onderklere verskaf.

Hulle lê van 09:00 tot 13:00 besoek af by Kansa se kantoor in Modimolle. Chené Kerswill, hul hoogs gekwalifiseerde verteenwoordiger, bring die volle reeks goed ontwerpte, hoë kwaliteit voorraad saam vir passing en besigtiging.

Omdat Maandag 4 Februarie jaarliks wêreldkankerdag is, gee hulle groot afslag aan kliënte. Alle mediesefondseise word deur M Store self hanteer. Privaat pasiënte kry ook groot afslag.

Belangstellendes word gevra om hul bywoning te bevestig. Vir navrae bel vir Wilna van den Heever by tel. (014) 717 3950.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button