MunicipalNews

Modimolle-inwoners vies oor bloedwater

Dit is nie ’n nuwe probleem nie en inwoners se klagtes val glo al sedert 1995 op dowe ore.

Die gort is gaar op Modimolle oor riool wat op etlike plekke vanuit dreingate in die Klein Nylrivier inloop en bloedwater wat vanaf ’n pyplyn naby die slagpale in die pad af stroom — reguit op pad rivier toe.

Die sensitiewe Nylsvley-bewaringsgebied lê enkele kilometers verder stroom af.

’n Inwoner wat anoniem wil bly, het dié video gistermiddag in die nywerheidsgebied geneem.

 

 

Dit is nie ’n nuwe probleem nie en inwoners se klagtes val glo al sedert 1995 op dowe ore. Die Pos het al herhaaldelik hieroor berig. Die afgelope maand se reën het die probleem glo vererger. Marcelle Maritz, provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus, het op Maandag 21 Januarie ’n strafregelike klag teen die waarnemende munisipale bestuurder, Mapule Makoko gelê, in haar hoedanigheid as verantwoordelike beampte.

“Dit is haar plig om die saak ver­der te voer en hulp van pro­vin­sie of die na­sio­na­le re­ge­ring te vra om die pro­bleem op te los. Die toe­stand van die riool is on­aan­vaar­baar,” het Ma­ritz ge­sê.

Lees die volledige berig in vandeesweek se uitgawe van Die Pos.

Related Articles

Back to top button