NewsSchools

Warries se skoolhoof het rede om trots te wees

“Ek het nie ’n hemp in my kas wat om my borskas pas nie en dit is nie weens die Kersete nie. Ek is trots. Baie trots!”

Só het Paul Liddle, skoolhoof van Hoërskool Warmbad, trots gesê oor sy skool se matriekuitslae.

Die skool spog met ’n slaagsyfer van 96,55%.

Altesame 119 matrieks het die nasionale eksamen afgelê, waarvan vier dit ongelukkig nie gemaak het nie,” het Liddle gesê.

Tshepo Mokonoana het drie onder-skeidings behaal.

Altesame 54% van die leerders het universiteitstoelating verkry, 38% vir ’n diploma en 8% vir ’n hoërsertifikaat.

Die top 10 leerders van 2018 was Jude Schabort (gemiddeld 83,43%), Tshepo Mokonoana (79,43%), Laura Fuentes (77,29%), JJ Taljaard (76,29%), Martonet Janse van Rensburg (75,86%), Monja Victor (75,29%), Tshegofatso Ntobeng (75%), Irfaan Moolla (74,43%), Ruben Rodriquez (74%) en Su-Mel Meyer (70,43%).

Jude het vier onderskeidings behaal, Tshepo drie en Laura twee. Die res van die top 10 het elk drie onderskeidings behaal.

Volgens die skool was die toppresteerders per vak: Jude (Afrikaans huistaal, lewensoriëntering, geografie en ingenieursgrafika en ontwerp), Irfaan (English Home Language), Laura (Afrikaans eerste addisionele taal), Pule Matome (wiskunde), Eduan Vorster (wiskundige geletterdheid en ekonomie), Nico von Stade (tegniese wiskunde, tegniese wetenskap en siviele tegnologie), Tshepo (fisiese wetenskap en rekeningkunde), Tshego Mogashoa (besigheidstudies), Tshego Ntobeng (lewenswetenskappe), JJ (CAT en toerisme) en Su-Mel (verbruikerstudies).

Laura Fuentes spog met twee onderskeidings.

Jude het aan Die Pos gesê hy is nog nie seker wat sy toekomsplanne inhou nie.

“Ek deurloop tans ’n kursus in Knysna om te kyk of ek oorsee (moontlik in die Ooste) Engelse klasse kan gaan aanbied. Ek sal nog sien wat ek wil studeer,” het hy gesê.

Volgens Liddle het Jude twee van sy vraestelle vir hermerk gestuur om te kyk of hy moontlik twee ekstra onderskeidings kan kry.

“Die meeste van die leerders het hul kant gebring, die personeel was ten alle tye betrokke en die leerders was ten alle tye gemotiveerd.”

Related Articles

Back to top button