Local newsNews

Welkome reën verlig nood

Die Bela-Bela-omgewing het die nuwe jaar met welkome genadereën ingegaan.

Hoewel storms op verskeie plekke aangemeld is, was daar klaarblyklik min skade.

Volgens inligting van die Waterberg Distrik Landbou-unie (WDLU) het die Mabula-omgewing tussen Desember en die eerste week van Januarie sowat 500 mm reën gehad. Plaasdamme se vlakke het gestyg en is plek-plek vol.

In Modimolle was die gemiddelde reënval vir dié tydperk 400 mm en in die Loubad-omgewing is 300 mm gemeet. Lehau op die Springbokvlakte het sowat 220 mm gehad en in die Bela-Bela-omgewing is gemiddeld 180 mm gemeet.

Volgens die WDLU was die reën baie wisselvallig.

So is daar byvoorbeeld by Tweefontein 200 mm reën gemeet en in die Noodhulp-omgewing (slegs ’n paar kilometer daarvandaan) is daar op Nuwejaarsdag alleen 161mm reën gemeet.

Die trekkers in die Bosveld dreun darem nou weer in die lande en die boere in die omgewing is baie positief oor die seisoen wat voorlê.

Related Articles

Back to top button