Lucy, ’n mooi swart kat van Modimolle is op soek na ’n goeie huis. Sy kry tans kos en ’n slaapplek, maar is op soek na ’n permanente huis. Sy is gesteriliseer en is liefdevol en goedgemanierd. Vir meer inligting, skakel tel. 076 625 3096 of tel. (014) 717 5664.
Dié tefie is verlede week in Nelson Mandelarylaan in Modimolle opgetel en haar eienaars kon nie opgespoor word nie. Sy is by die Kranskop-dierekliniek. Haar eienaars of iemand wat haar ’n goeie tuiste kan aanbied, kan die kliniek skakel by tel. (014) 717 5996.
’n Werpsel klein katjies in Modimolle is op soek na goeie huise. Hulle is ses weke oud. Vir meer inligting skakel tel. 074 484 4022.