LettersOpinion

Moenie die geskiedenis vergeet

Mag ons nooit ons geskiedenis vergeet nie, want ’n volk sonder geskiedenis is geen volk nie.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Mag ons nooit ons geskiedenis vergeet nie, want ’n volk sonder geskiedenis is geen volk nie.

Die dorp Nylstroom (deesdae Modimolle) het ’n baie interessante geskiedenis.

Volgens Paul Kruger se amptelike briewe van 1851-1877 het ’n Engelse handelaar met die naam Ernest Olfermach Collins gedurende 1866 dele van sy plaas Rietvallei aan die Hervormde- en Gereformeerde kerke geskenk en het die dorp Nylstroom tot stand gekom. Collinsstraat in die dorp is na hom vernoem.

Nylstroom het in 1882 sy eie landdros, hotel, gevangenis, dokter en poskantoor gekry.

Ná 1994 is baie dorpe gekenmerk deur naamsveranderinge en het Nylstroom Modimolle geword. Collinsstraat is na Elias Motsoaledistraat verander. Die doel van dié naamsveranderinge is nie altyd duidelik nie.

Collins se perd was destyds sy trots en dit was sy wens om met sy afsterwe saam met sy perd in een graf begrawe te word. Met Collins se afsterwe in 1868 is daar aan sy wens voldoen.

Die konsentrasiekamp-begraafplaas (1901-1902) is by hierdie graftombe, wat steeds te sien is, uitgelê.

Related Articles

Back to top button